Ja, ek was een - van die eerste waters. Maar natuurlik is dit 'n optiese illusie. En die mind speel net so baie tricks soos die oog en die oor as dit by kontrole kom. Mens kan net beheer wat jy KEN en KAN beheer. 'n Skeidsregter van 'n rugbywedstryd, byvoorbeeld, hy DINK hy is in beheer, want hy ken die reëls (alhoewel min Stormers fans met my sal saamstem). Maar mense dink hulle kan goed beheer: ander mense, situasies, gebeure. Ek het ook probeer, vir baie lank. Maar, net soos perfeksie, bestaan kontrole oor die regte lewe nie. Optiese illusie. En as jy opgee om dit te probeer doen, raak die lewe een moerse avontuur!
Want as jy laat los, gee dit ruimte vir geloof en laat jou brein en hart los om goed net te ervaar en te laat insink. Jy is nie in charge nie, jy het nie verantwoordelikheid nie, alles is 'n verrassing. Jy fokus op wat nou en hier gebeur, leef in die oomblik en is vir daardie enkele minute tyd se baas.
'n Paar weke gelede het ek die ballon van kontrole laat los. Wat daartoe aanleiding gegee het, is nie belangrik nie. Maar wat dit meegebring het, is die besef dat ek geen rol in ander mense se dramas hoef te hê nie, ek hoef net nou en hier te leef. Vriendskap is nog net so belangrik, familie is nog net so belangrik en gemoedsrus is eindelik, eindelik myne.
No comments:
Post a Comment