Total Pageviews

Tuesday, 29 July 2008

The truth hurts, but the truth sets you free

Ek is reguit. Maar ek is nie altyd eerlik nie. Soms moet mens egter eerlik wees. Jy moet kan sê: "Dis hoe dit is. Ek wil dit nie graag erken nie, nie eens aan myself nie, maar DIS die waarheid en ek en jy moet dit nou albei kan hanteer. " Van vandag af doen ek dit - ek beskerm nie meer my eie hart nie. Ek kyk nou in die rear view mirror en erken: miskien moet ek gelukkiger lyk, soos Gert Vlok Nel se girl van Beaufort-Wes. Dit was 'n lang pad, maar ek weet ook, dis nie 'n eensame pad nie. As ek my hand uitsteek, sal ek vasgehou word oor klippe vir die tye wat my hart, die oneerlike navigator, nie die pad kan lees nie.

No comments: