Dit verstom my hoe min mense sien wat rondom hulle aangaan. Net laasweek het ek weer die gesprek met my kinders gehad oor dinge wat stilstaan en in die donker is. Kom ons vat 'n emmer water, in 'n skuur. Donker en stil. Hoe gaan die water lyk na 'n tyd? Vrot en mislik en geen nut vir iemand nie.
So is dit met mense, as jy beweeg en die son soek en jouself omring met positiewe goed en kennis van alles moontlik in hierdie lewe, sal jy van groot nut wees vir jou vriende en ander. Jy sal nie stagneer in denke of daad nie en jy sal nie obsessief oor iets raak nie, want jy kan inligting meet en weeg en jou kennis toepas. Daar is geen ruimte in jou lewe vir paranoia of enige ander donker emosie nie, want jy is te besig om te leeeeeef en jou Godsgegewe verstand te gebruik.
No comments:
Post a Comment