Wat dit beteken in die regte lewe, is dat om iets te laat los, 'n wilsbesluit is. Dis nie verloor nie, dis los. Jy moet jou seer hart se deure toesluit en die sleutel in die see gooi. Jy moet jou gedagtes op hok kry en die onthougoed wat so seer maak toemessel in 'n hoek en dan 'n berg sement daaroor uitgooi. Dis harde werk om iets te laat los en jou bene sal bewe en jou voete sal pyn. En omdat jy nou ligter is en reg is vir die reis kan jy wegstap en dinge agter jou los. Nie vergeet nie, nie verloor nie, maar los. Uitlos. Agterlos.
Alle reisigers en vriende is welkom hier. Haere mai, haere mai! All travellers and friends are welcome here. Haere mai, haere mai!
Total Pageviews
Wednesday, 8 February 2012
Vlug
As mens laat los, begin jy bewe. En dit vat 'n tydjie om jou voete weer te kry. Stil te kry. Vas te laat staan. Maak nie saak wat jy los nie, dis iets wat nou-net hier was en nou weg is. Wat ek wel weet van los, is dat dit gedane sake is. As jy los, moet jy nie weer probeer vat nie. As jy weer wil vat, het jy watookal gelos moes word net eenvoudig verplaas of misplaas, maar dis nie weg genoeg om gelos te wil wees nie.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment