Total Pageviews

Sunday, 26 December 2010

Wens vir die nuwe jaar

Eendag, lank gelede, het my ma vir my hierdie raad gegee wat sy weer iewers raakgeloop het:

Die Sfinks het gevra: "Wat is die geheim van sukses?"

Die Almanak het geantwoord: "Bly op datum."
Die Bergspits het geantwoord: "Sorg dat jy uitstyg."
Die Besem het geantwoord: "Vee alles weg wat in jou pad kom."
En die Duimspyker het geantwoord:"Hou kop!"

Dis my wens vir een en almal van julle vir 2011 - die wat reeds sukses behaal het kan uitmuntend word en die wat steeds daarna streef weet nou hoe :)

No comments: