Total Pageviews

Saturday, 11 October 2008

Min dae

My alleen-slaap-aande en alleen-wakkerword oggende word minder.  Elke dag sedert Woensdagaand. Ek begin 5 November in die Alice werk. Daar is 1 miljoen goed wat nog gedoen moet word, maar die gedagte wat my kop oorheers is dat ek en die Groene weer bymekaar gaan wees - heeldag en aldag. Nie sedert 1999 het ons terselfdertyd in dieselfde dorp of stad gewerk nie. Daar lê vir ons albei 'n tyd van aanpassing voor, om nie eens te praat van die vreugde van herontdekking nie. Noudat ek weet ek gaan by hom uitkom, kan ek my asem uitblaas en erken hoe verskriklik moeilik die laaste jaar was sonder hom hier by my. Menige dag het ek soos Major Tom op sy tin can gevoel, met die aarde wat onder my beweeg en woel, maar ek is nie deel daarvan nie. Ek het ankers in my kinders en my vriende op die grond en cyberspace, maar tog het ek gesweef sonder kompas. Sonder hom.

No comments: