Total Pageviews

Sunday, 2 August 2009

Grrrrrr!

Ek lees vandag Rapport. Soos elke Sondag. Eintlik wou ek net kyk hoe die Afrikaanse pers gisteraand se Morné Steyn-sege oor die All Blacks beskryf. Maar ek word vasgevang in die sage van Steve Hofmeyr en die beweerde 600 meisies wat hom al wou spyker. Die volk se kommentaar wieg tussen die aanbied van hulp (die manne) via die gewone kerk-raad en dan die preutses onder ons wat nie kan help om hulle eie verhale te deel nie. En ek wonder: wie het tyd om eens boek te hou van sulke bereidwillige dames se getalle? Is Steve nie een van die land se voorste kunstenaars nie? Die man skryf boeke, sing, neem cd's op, reis die land vol, gooi tee in mense se gesigte uit, speel toneel en is op tv, bied programme aan, skei, vry na 'n nuwe girl (prokureur, die keer, sien ek) en spoeg elke dag op sy blog. Nou hoe nou? Waar op aarde kry hy tyd om die bereidwilliges te tel? Ek wonder maar net.

Verdere onsteltenis volg met die vroulike Angus Buchan. Greta Wiid. Ek voel ek stik in my decaf soy latté. Waarom, o waarom, wil enige vrou vir ander vrouens vertel hulle moet hulle mans eer en as hoof van die huis sien? Suid-Afrikaanse vrouens het die meeste hang-ups in die hele wye wêreld: van seks tot klere tot skoene tot karre tot gewig. Hulle move nie een tree links of regs sonder om eers te wonder wat die bure (of die mense) sal sê nie. En nou dit ook nog? Give a girl a break, Greta.

Pynlik. Erg pynlik op 'n Sondagoggend op 'n nugter maag.

No comments: