Total Pageviews

Sunday, 28 December 2008

Krismis met Alice

Wel, so het ons ons eerste Kerfees gevier in die Alice. Die Groene het 'n reuse bbq gekoop en ons wy dit in met 'n lekker hoender op die spit. Die kinders speel met hulle presente en ons hang die hele dag net rond. Laatmiddag stuur ek my sms'e en e-mails uit. Die gevoel dat die jaar tot einde kom, is oorweldigend. Ek vind myself dat ek my issues reduce tot een of twee. En spreek hulle omiddelik aan. Ek lees my David Sedaris boek klaar, sorteer my boekrak uit en smyt nog meer uit as wat ek voorheen gehad het. Ons kyk huise, ons ry rond en ek maak resepte wat ek al die hele jaar lank uitstel om te doen. Ons drink soggens koffie van die nuwe espresso masjien en gaan slaap saans laat met die whir van die waaier oor ons koppe.

Ek is mal daaroor om hier te wees. Die dae is salig, die nagte is heerlik en ek lyk asof ek alreeds heel somer hier was. Het 'n baie gesonde tan!

Ek geniet die Groene so baie. Stel my lyf, my kop, my wese weer oop vir hom. Ek het energie om te verbrand en slaap baie. Die vakansie is kort, ja, maar ek dink nie dis net dit nie. Dis omdat ek eindelik by die huis is. Snags word ek wakker en dink aan ver dinge vir 'n paar oomblikke en dan weer is dit rustig. Die lewe buite Alice vervaag tot niks.

No comments: