Total Pageviews

Tuesday, 15 January 2008

Afkamp

Ek is die eerste mens om te erken dat my kop selde in die hier en nou is. Die liggaamlike rede daarvoor is seker dat ek onder 'n lugteken gebore is, naamlik die Tweeling. Die praktiese rede is dat ek net te veel goed vir te lank onthou.

Maar soms maak hierdie massas inligting van mense en plekke en gevoelens my van my trollie af. Ek verloor tred met wat en waar ek is, wie is werklik, wie is spook, wie foeter in my drome in, ens. ens. Met die Groene in die Alice voel dit in elk geval die hele tyd of my hart net op twee silinders loop, so niemand kan my seker kwalik neem as ek so nou en dan die plot verloor nie.

Die afgelope week moes ek drade span om twee stukke van my geheue. Die een met doringdraad sodat ek nooit weer in daardie kamp kan ingaan sonder om seer te kry nie. En die ander 'n draadheining van ten minste 6-voet sodat ek nie daar kan in nie, al wil ek hoe graag. Die een met 'n piepklein hekkie vir ordentlikheid, die ander geen hek nie. Beide was nodig, maar albei was rugbreek werk.

'n Kamp kan 'n nuttige ding wees, dit hou kos en water en beskerming teen ondiere. 'n Kamp is nog 'n beter ding as jy die ondiere binne-in trĂªp, sonder kos en water en hulle laat vrek. En die wilde onkruid los om enige sweempie van dinge wat nog kon groei, te versmoor.

Soos 'n mens se plaas, is jou kop teelaarde. Jy moet mooi daarna kyk.

1 comment:

Unknown said...

Gepraat van teelaarde my pa noem mos 'n hommelby 'n stronthommel. Dus die probleem met teelaarde, dis die plek waar stronthommel rond rang sonder 'n bydrae te maak soos die Engelse se hanging around. Gedagte kan rond hang seer maak en 'n las wees. Die een wat net kan afskakel is gelukkig.

Genade, ek weet nie waarvan jy skryf/praat nie. Ek gedog jy skryf oor jou mid life krisis Harley en al. n krisis in Alice noem die locals sommer 'n transformasie. En hier gat baie transformasies aan. Positief of negatief die keuse is joune.

Ek baie jou baie lief Harley en al.