Total Pageviews

Saturday, 27 October 2007

Ek en die Groene is vanjaar 10 jaar getroud. Aan die begin van hierdie jaar het ek hom vertel ek wil 'n lekker mokete gooi om dit te vier, so teen November se kant. Hy sê toe alles reg, solank ek net in my oorspronklike trourok kan pas! Natuurlik was dit sy idee van 'n grappie en ek het net gepas gelag. Intussen het so baie goed gebeur, ek het 'n nuwe werk gekry, ons het nuwe vriende gemaak, die kinders hou ons besig, etc. etc. En so stap die tyd meedoënloos aan na November. Intussen het ek mense al begin nooi - as you do. En nou is ons hier, presies een week voor die groot dag en my blus is uit.

Ek het my rok, my hoed, die koek is gebak, die wyn is gekoop, ens. ens. Maar die Groene het 'n jaarlange kontrak in Alice Springs gekry en vertrek daarheen op 10 November, net 'n week na ons hertroue. Skielik het die hele storie 'n totaal nuwe angle. Mense vra my nou of dit die rede is waarom ons weer trou. En natuurlik word dit nou ook 'n afskeidspartytjie vir die Groene.

Ek doen voorbereidings met gemengde gevoelens - die een kant van my is opgewonde oor kuier met vriende en familie, die ander wil net die duvet oor my kop trek en maak asof die Groene nooit weggaan nie en ek miraculously sal wakker word na 'n week of twee en dinge sal wees soos dit nog altyd was. Maar, nou ja, dit werk nie so nie. Tyd werk nooit so nie. Het nog nooit en sal ook nooit.

No comments: