Min nasies op die aardbol is so beskaafd soos die Engelse. Die taal, die high tea, die scones, die lawn bowls, die krieket, etc. etc. Ek dink aan die bomme in London so 2 jaar terug op 7/7. Hoe hulle amper met utter contempt verklaar het: We've been through the Blitz, we've been through the IRA. Why should we be scared now? Ai, ek wens ek het sulke teenwoordigheid van gees as die bus rondom my begin ontplof.
Ek is op die Britte se case vandag, want hier in hierdie gedeelte van die Gemenebes van Nasies vier ons Tannie Lizzy II se verjaardag. Lekker vakansiedag en synde ek my eie verjaardag net Vrydag gevier het, voel ek so aan my bas dit was 'n right royal weekend. In NZ sweer jy trou aan die koningin en al haar heirs & successors as jy 'n burger word. Dit is nie opsioneel nie. Om jou hand op die Bybel te sit terwyl jy dit sweer, is wel opsioneel. Ek het my eie Bybel saamgevat in 2002 toe ons burgers geword het. Peter Tennent het nie mooi geweet wat om daarvan te dink nie, maar ek het verduidelik: Ek weet wat staan in hierdie een, nie so heeltemal 100% seker wat in jou weergawe in Engels staan nie. Mens bid baie moeilik in Engels, het ek gevind. Tel ook. Hier in Oz is dit nie nodig om trou aan Haar Majesteit te sweer as jy burger word nie. Mens wonder oor die verskil en waarom 'n land wat reeds amper 100 jaar gelede vir vroue die reg gegee het om te stem dit nog nodig vind om trou te sweer aan 'n staatshoof derduisende myle ver weg? Die set-up is vir my heeltemal absurd en omdat ek van 'n republiek kom, nog meer absurd.
Maar ons is dankbaar vir die lekker vakansiedag en al is haar eintlike verjaardag in April, is dit gerieflik vir ons in Junie. En, na 'n paar glase rooiwyn sal jy my dalk vang dat ek nie mind om trou te sweer aan Prins William nie, maar vir Bonnie Prince Charlie sal ek maar 'n go gee.
No comments:
Post a Comment