Nou ja, ek sien hulle sê dat 40 die nuwe 30 is en 50 die nuwe 40 en so aan. Ek het nog nooit issues met my ouderdom gehad nie - my gewig soms, maar my ouderdom nooit. Vir my voel 38 op hierdie fase van die geveg heel gemaklik. Ons praat anderdag oor hoe mense leer en hoeveel mens leer deur die jare. Dit het my laat dink aan wie my wat geleer het. Hoe ek goed ontdek het. Veral musiek. Boeke en skrywers was nog altyd my eie ding. Maar musiek in Namakwaland met David Gresham op 'n Vrydagaand as die toppunt van kundigheid kon doen met 'n bietjie hulp. Dankie vir Leonard Cohen, Werner. Ironies selfs, synde hy so 'n paar jaar later aan 38 sal hap. En Jo-Ansie vir Janis Ian. Die Groene vir Van Morrison en Neill Young. Ongelukkig was U2 reeds in my kop toe dit kom by die tweede rondte bekendstellings, maar dit sal altyd vir my Kimberley en die Star of the West bly. En ander mense rondom daardie tyd. Dankie Litz vir eietydse Afrikaanse sangers en Johann Radio ook. En Yvette - we'll always remember Freddy. Noudat ek so baie ry en tyd het om te dink (soos Frankie altyd gesê het: Dit is die tyd wat ek met die Here praat), luister ek ook soms na musiek op stasies wat nooit in hierdie huis gehoor word waar die ABC koning kraai nie. Oz doen Bon Jovi (nog 'n plus om hier te bly!) en baie Meatloaf. Ek weet hy is groot in Vlooi se lewe en selfs Davey-babe, maar hel, ek kon nog nooit vat kry aan sy kabaal nie. Weet nie hoekom nie, maar klink altyd vir my na 'n moerse orkes en verder niks. Dixie Chicks (sorry, Rach!) doen ook nie die ding vir my nie - sounds like screaming mice. Maar is dit nie juis die wonder van musiek nie, daar is iets vir elke liewe smaak. Ek KAN die stasie verander, ek KAN die keuse maak.
Gister gaan kyk ek en Imre Laan Spider-man 3. Wat 'n belewenis saam met 'n seuntjie van 5. Voor die tyd gaan ons eers iets anders koop by Harvey Norman - hulle het groot verjaardagvieringe aan die gang en daar is 'n gesigverwer ook daar. Sy beskilder hom bloedrooi en swart - pure Spidey. My kind is pragtig. Hy lewer luidkeels kommentaar in Afrikaans gedurende die fliek. Ek "shhhh" maar dit help niks - ma se kind - gebore om te praat. Man en muis bewonder sy gesigverf. Hy is meer trots as skaam - ma se kind weer eens.
Vandag toe ons terugkom van Echuca en die Barmah Bos - 'n pragtige plek, maak ek 'n lekker groot bonfire in die agterplaas. Dit is lekker warm en raak sommer gou ontslae van al die groot bokse wat nie in die hersikleerdrom pas nie. Ons braai marshmallows oor die vlamme. Die Groene trek in huis toe om sy ma te bel, die kinders gaan kyk tv terwyl ek alleen die vuur oppas onder die pienk wolke soos die son sak. Ek dink aan die lekker dag en aan Afrika - wie kan nou NIE aan Afrika dink as hulle langs 'n oop vuur staan nie? Ek dink terug aan tye wat was - net tot voor '94, want dit was 'n waterskeidingsjaar vir my en is 'n hele aand se dink op sy eie werd. Ek slaan my gedagtes hok by 1995. Hoeveel wonderlike vriende ek het, hoe gelukkig ek is, nou en hier en hoe my lewe deur die jare net beter en blyer geword het. God bless Africa and all who reside(d) in her. Inderdaad.

No comments:
Post a Comment